Passer au contenu

Agter Die Doellyn

This book belongs in the following collection(s):
Original price Dhs. 18.90 - Original price Dhs. 18.90
Original price
Dhs. 18.90
Dhs. 18.90 - Dhs. 18.90
Current price Dhs. 18.90

By: Uitgewer vart hoogstaande publikasies

Language: African

Quality: Good

Genre: Autobiography - Biography, Guide, History, Sports,

ISBN: 9781431601943

SKU: BE501164900298

Pages: 172

Description: Rugby in Suid-Afrika is méér as net 'n spel. Dit is 'n weerspieëling van die wese en hartklop van die mense van hierdie land. Dit is sinoniem met sonskyn, biltong en braaivleis! Sedert die eerste rugbywedstryd in 1862 in Suid-Afrika gespeel is, het rugby die kultuur en geskiedenis van die land beïnvloed, maar dit is ook beïnvloed deur die geskiedenis van die land. AGTER DIE DOELLYN bring hulde aan die pioniers van die spel en gee 'n oorsig oor die hoogtepunte in die glorieryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Dit bied 'n eksklusiewe versameling lewenstories en getuienisse van sommige van Suid-Afrika se voorste rugbyspelers; Pierre Spies, Victor Matfield, Juan Smith, Jannie en Bismarck du Plessis, Patrick Lambie, Beast Mtawarira, Morné Steyn en ander sterre deel hulle belewing van hulle Christenskap. Die herinneringe van legendes soos Jannie de Beer, André Venter, Ruben Kruger, Faffa Knoetze en Kobus Wiese is 'n roerende inspirasie vir oud en jonk. Afrigters Peter de Villiers, Frans Ludeke en Pieter Rossouw praat openhartig oor hulle geloofsoortuigings en hulle beskouings van ware glorie en sukses. Louis de Villiers, rugbyjoernalis van Rapport, deel sy herinneringe aan rugby oor die jare en vra geen verskoning vir sy verslawing aan Groen en goud nie! Johan Smith sluit by hom aan en verwoord Speler 23 se passievolle liefde vir die spel van die kantlyn af ... AGTER DIE DOELLYN is 'n kosbare versamelaarsitem vir elke rugbyliefhebber